Volgende London Sokkie

 

Sat 31 Januarie 2009 – Canada Water 19:30

Casper rule die Palladium

ImageCasper de Vries het Sondagaand opnuut bewys waarom hy een van die min SA-kunstenaars is wat dit reggekry het om ‘n amperse fatsoenlikheid aan byna grenslose banaliteit te kan gee. Op sy gebruiklik-parmantige wyse het die mees geliefde Afrikaanse kommediant weer eens geen heilige koeie onaangeraak gelaat nie. Almal het deurgeloop, van Adriaan Vlok se voete-was episode tot Jacob Zuma en sy voortdurende stryd om politieke oorlewing.

Uit die reaksie van die byna stampvol Palladium in London se middestad was dit duidelik dat Casper nou vinnig besig is om ‘n sort kultusstatus in die Afrikaanse gemeenskap op te bou. De Vries se susksesresep lê waarskynlik daarin dat hy die kuns ontwikkel het om te cater vir die volledige dwarssnit van die SA-gehoor met sy humor wat deurlopend wissel van baldadige slapstick en self-spot tot ‘n gesofistikeerde woordspel wat ‘n groot deel van die gehoor by tye heeltemal agterlaat.

 
< Prev   Next >

Log-in






Lost Password?
No account yet? Register
Advertisement