Ek het juis nou die dag gewonder wat van jou geword het...
My geliefde Floors het saam met die ou forums gesterwe - maar sy spook dwaal blykbaar nog hier iewers rond laat in die nag. Ja wat, dinge is maar nog die selfde.
Die sokkie loop weer sterk - hope en hope nuwe gesigte, verlede keer was 'n lekker partytjie! Ongelukkig skeep ons die website 'n bietjie (subtle understatement

) af, dinge is maar bedrywig so tussen die Aardvark en die sokkie - die site het so bietjie tussen die krake deurgeglip...
Ek vermoed die ou klomp het jou voorbeeld gevolg en terug SA toe gevlug. 'n Onlangse studie, deur die voorste navorsers in die veld, het getoon dat die stilte in die forums te wyte is aan die feit dat die grootste kletskous van alle tye stil geraak het. Hulle reken die meis is deur 'n groot swart kat gevang en opgevreet. Ek vermoed egter dat hulle nie weet waarvan hulle praat nie - ons almal weet die kat is 'n vegetariër...